joe foster

热度:200

简介

Joe Foster - Musiek uit die hart uit Joe Foster is 'n opwindende nuwe klank in die Afrikaanse musiekmark. Daar is min musikante van sy kaliber wat so gemaklik agter 'n klavier kan inskuif en van daar 'n wonderlike musikale vertoning, met stem en klavier kan lewer. Joe se besondere mooi stem en sy opwindende melodie en lirieke maak dat sy musiek inderdaad musiek uit die hart is. Hartklank is ook die titel van Joe se heel eerste solo-album waaraan hy tans hard werk. Joe se liefde vir musiek kom reeds van kleins af. Sy ma was 'n musiekonderwyser wat hom vroeg al touwys gemaak het en reeds voordat hy skool toe is, het musiek hom geroep. Kleintyd het hy begin met klavierlesse en as jong musikant was hy ook die musiekleier van 'n paar gemeentes soos die NG gemeente Quellerina en ook die Mosa ek gemeente in Randburg. Joe het sy heel eerste musiekstudio ingerig toe hy nog op skool was, en dit was dus 'n logiese keuse dat hy opleiding wou ontvang as klankingenieur. Hy skryf in 2002 in vir 'n kursus in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Tegnologie Kollege in Amsterdam, Nederland. Nadat hy sy studies voltooi het, doen hy vir 'n paar maande praktiese ondervinding op in 'n musiekstudio in K ln, Duitsland. Daarna is hy weer vir 'n paar maande terug na Nederland voordat hy uiteindelik huis toe gekom het. Na sy terugkeer na Suid-Afrika, fokus Joe veral op die vervaardiging van musiek en hy help onder meer vir Karen Wessels om haar CD, Hoe durf jy? op te neem. Toe die geleentheid opduik om in 2010 by die mansgroep ADAM aan te sluit, gryp Joe hierdie kans met albei hande aan en vir drie jaar was hy deel van hierdie baie gewilde popgroep. Uit Joe se pen het 'n hele rits van ADAM se grootste treffers gekom. Liedjies soos "Gebore om jou lief te h ", "Hartklop," "Sonder" en "Mooiste Melodie" is alles deur hom geskryf. Joe skryf ook die temalied vir die baie suksesvolle Afrikaanse fliek, Pad na jou hart en die liedjie met dieselfde titel is reeds vir maande lank op verskillende treffersparades. Joe is ook in 2014 genomineer vir 'n Ghoema-toekenning as Liedjieskrywer van die Jaar vir "Pad na Jou Hart". Hy hoop om vorentoe in sy loopbaan sommer nog baie musiek vir rolprente te skryf. Joe het ADAM in Oktober 2013 verlaat en besluit om hom op sy eie sololoopbaan toe te spits. Uit die ADAM ervaring het hy veral baie van die verhoog geleer en hoe om as kunstenaar 'n lekker wisselwerking met 'n gehoor te bewerkstellig. Deesdae is hy ewe gemaklik voor 'n klein intieme gehoor, of 'n reuse skare. Sy stem het ook in hierdie tydperk geweldig gegroei en by dit alles is sy eie kreatiwiteit uitgedaag. Hy het nie gehuiwer om hierdie uitdaging aan te durf nie en die rits treffers wat uit sy pen verskyn het, getuig hoe suksesvol hy daarmee was. Joe se insluiting as solokunstenaar in 2014 se Huisgenoot Skouspel getuig van die topgehalte musiek wat hy maak en sy toenemende gewildheid as musikant. Joe se eerste CD, Hartklank, behoort vroeg volgende jaar in die winkels te wees. Hy stap tans 'n pad saam met die ervare Coleske broers wat hom help met die vervaardiging van sy CD en hy is oortuig daarvan dat hierdie musiek, wat inderdaad musiek uit sy hart is, vir hom baie deure sal oopmaak. Joe se vertonings is besonder gewild as deel van korporatiewe geleenthede, en hy hou self baie daarvan om in die intimiteit van 'n kleinerige teater sy hartsmusiek te maak. Joe het ook 'n orkes wat gereeld saam met hom optree. Joe se eerlike lirieke getuig van lewenservaring en 'n behoefte om hierdie lewenslesse wat hy langs die pad leer, eerlik en opreg met sy luisteraars te deel. Een ding wat Joe op die harde manier moes leer, is om geduldig te wees en te wag dat die tyd ryp is vir sekere dinge. Sy lewensfilosofie is om telkens langs die pad stil te staan en 'n bestekopname te maak om so seker te maak dat hy die heeltyd vorentoe beweeg. Uiteindelik hoop hy om ook as solokunstenaar die platinummerk met die verkope van sy CD's te haal. Met musiek wat uit sy hart uit kom, hoe anders?

中文名 joe foster
原始名称 Joe Foster
名称 joe foster
国籍 德国
外文名 演员
性别
演员作品 生死时速2:海上惊情
类似歌手 相似艺人
身份 演员
代表作品
地区
  • south africa 南非
  • 欧美
  • 精选上位词
  • 主演
  • 影视明星
  • 明星
  • 歌手
  • 生死时速2怒海红颜的主演
  • 生死时速第2季的主演
  • 生死时速第2部的主演
  • 生死时速第二季的主演
  • 生死时速第二部的主演